ALBERTINIA NUUSFLITS - Ian was vir bykans ‘n week aan longmasjiene gekoppel.
Op vier jaar het hy ‘n konvulsie gehad en is vir breinskade gevrees.
Sy ouers, Inus en Marietjie, moes baie negatiewe kommentaar oorkom, soos dat die konvulsie ‘n voorloper van epilepsie is.
Deur sy skoolloopbaan het Ian hard gewerk en elke taak is met 'detail versier'.
Hy het maklik ‘n gholfkompetisie afgewys omdat hy moes leer of ‘n taak moes voltooi.
En sy matriekuitslae het die kroon tot dusver op sy harde werk en toewyding gespan - 'n bewys dat waar 'n wil is, is 'n weg.
Dié skrander leerder se persoonlike leuse is: "Hoe meer jy jou beste doen, hoe beter word jou beste'.
"Met hierdie siening het hy behoorlik 'kruin toe gebeur' om gestalte aan sy skool se leuse te gee, naamlik "Ons beur kruin toe"!
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'