RIVERSDAL NUUS - Sang, musiek, drama, voordrag en kuns - alles uit die boonste rakke en dít tydens die jaarlikse Ratem-Eisteddfod vanaf 27 tot 30 Augustus.
Die musiekafdeling van hierdie fees vind in die burgersentrum plaas. Gaan luister na aanbiedings soos klaviersolo’s en duette, fluite, strykinstrumente, ensembles, klawerbord, kooruitvoerings en selfs sêr; alles deur talentvolle kinders. Die beoordelaar is Awie van Wyk.
Gaan luister by Laerskool Volschenk na die drama-afdeling waar poësie, monoloë, dialoë en koorspraak aangebied word. Die beoordelaar vir hierdie afdeling is Maretha Marais.
Hier kan jy ook ’n paar van die kunswerke wat vir die kunsafdeling ingeskryf is besigtig wat ter versiering by die skoolsaal opgesit is. Marilise Lombard is die beoordelaar.
Hierdie is ’n opvoedkundige projek wat leerders uit die hele streek van so ver as Montagu, Ashton, Swellendam en nog vele meer, blootstelling gee. Die program is by Nieu Script beskikbaar.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'