RIVERSDAL NUUS - Het jy geweet van die spook van Uniondale, Maria Rous se graf is in Riversdal? Of sy daarin is, is natuurlik 'n ope vraag...
Hier is haar tragiese verhaal.
Maria was in 1968 saam met haar verloofde vanaf Willowmore op pad na Riversdal om hul troue te bespreek. Haar verloofde het beheer oor die voertuig in 'n stormsterk wind verloor en die motor het in 'n sloot beland. Maria is blykbaar op slag dood, maar sommige beweer dat sy uit die kar geval en dat die ambulans net haar bewustelose verloofde opgelaai het omdat hulle nie vermoed het daar is nog iemand in die kar nie. Toe hy later in die hospitaal na haar vra, het hulle besef hulle het haar daar agtergelaat - en dit was te laat, want sy het verkluim van die koue.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'