HEIDELBERG NUUSFLITS - Leon Page (57), bekende gemeenskapsvrywilliger en dwelmaktivis het Maandag 6 Augustus na ’n kortstondige siekbed aan nierversaking in Riversdal-hospitaal gesterf.
Hy was vir die afgelope ongeveer 20 jaar by die GPF in verskeie hoedanighede betrokke.
Hy was ook by verskeie ander organisasies, waaronder die ANC Mervyn Joseph-tak, Kindersorg Heidelberg, Gesondheidskomitee, asook Heidelberg-rugbyklub as onder meer voorsitter betrokke, om net ’n paar te noem.
Page laat sy vrou, Dottie, vier dogters, Leonay, Samantha, Elvira en Franzelle, ses kleinkinders, asook twee susters en twee broers agter.
Die begrafnisreëlings is nog nie bekend nie.
Leon Page saam met sy twee dogters, Franzelle en Elvira langs hom, met sy vrou, Dottie, heel regs.
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'