HEIDELBERG NUUS - Al ooit gehoor van ‘n biblioteek waarin daar gesing en gekuier word?
Hierdie was vir seker ‘n eerste keer vir die gaskunstenaar, wat ook Suid-Kaap Forum se korrespondent op dié dorp is, Aletta Sutherland. “Omdat stilte so sinoniem is met ‘n biblioteek, was dit nogal eienaardig om gaste met sang in ‘n biblioteek te vermaak,” het sy gesê.
Die personeel het dit goedgedink om Vrouedag reeds Dinsdag 8 Augustus te vier, aangesien die biblioteek op die amptelike Vrouedag gesluit is.
‘n Kragonderbreking het die klawerbord begeleiding onderbreek en moes sy ‘a capella’ sing.
Leféber Uys het almal vir die heerlike vermaak en die goeie werk wat die personeel doen bedank.
Jan Nel luister saam ‘n paar van die dames vir die eerste keer na ‘n lewendige weergawe van sy getoonsette gedigte.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'