Update
MELKHOUTFONTEIN NUUS - Kersvader het op 17 Desember vele kinderogies in dié dorp laat blink.
Die jaarlikse Kersvieringe het om 11:00 die oggend by Ouma Lena se Huis met die aankoms van Kersvader (Frits Buter) op 'n brandweerwa van Hessequa-munisipaliteit afgeskop.
Kersvader se aankondiging dat die sleutel van die kamer waar die geskenke gehou word in Switzerland agtergebly het, is met konsternasie begroet. Hy het egter gou sy kantoor in die Alpe geskakel en die sleutel is minute later met 'n hommeltuig afgelewer.
Vir baie kinders was dit die eerste keer wat hulle so 'n tuig gesien het. Daarna is ongeveer 150 geskenke uitgedeel.
Die Jongensfontein-stranddiens het deur die dag speletjies en opvoedkundige aktiwiteite aangebied.
Volgens Buter wou hulle met die uitreikdag welwillendheid en liefde tussen verskillende gemeenskappe beklemtoon. Die Melkhoutfontein Baptiste-gemeente, die Stilbaai-toerismeburo, Hessequa-munisipaliteit, Seesterretjie Kleuterskool, asook kerke en gemeenskappe van Stilbaai en Bloubergstrand was onder meer betrokke.
Die kinders met hul geskenkies.
Lees 'n vorige artikel: Kersvader kerjakker in Melkies
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'