STILBAAI NUUS - Vir 50 leerders van Laerskool Bertie Barnard was Saterdag 26 Augustus 'n groot gebeurtenis, omdat hulle aan die eerste Bertie Trappers-massabergfietsrit kon meedoen.
Die Berties het ‘n wye draai tot in Morrispunt gery en weer terug na die skool en ook 'n koeldrank geniet.
Die skool bedank Maryke en Eldurette Botha vir hulle ondernemingsgees om ‘n waterpunt as lafenis te borg en te beman.
Die leerders sien uit daarna om die volgende rit saam met een van die onderwysers, mnr. Ruan Cronjé wat self ‘n kranige fietsryer is, te doen.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'