Gallery
RIVERSDAL NUUS - Dié dorp het Saterdag vir die eerste keer in 'n lang tyd ‘n militêre begrafnis waargeneem met die begrafnis van troep Hilary Tesleen Sambo (32).
Sambo was aan 1 Spesiale Diens Bataljon, Bloemfontein vanaf Januarie 2008 verbonde. Volgens haar tannie, Juliette Sambo het sy siek geword en tydens haar siekverlof na haar gekom om aan te sterk, maar sy is na ‘n kort siekbed op haar verjaarsdag, 5 Julie oorlede.
“Volgens my kennis is dit die eerste keer in 'n baie lang tyd wat ‘n militêre begrafnis op Riversdal plaasgevind het,” sê Dihanna van Wyk (begrafnisondernemer: Avbob).
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'