STILBAAI NUUS - Hessequa Munisipaliteit het Woensdag 6 Desember bekend gemaak dat hulle 'n skoon ouditverslag ontvang het vir die 2022/23 finansiële jaar.
Wat dit meer merkwaardig maak is dat dit vir die tiende agtereenvolgende jaar vermag is.
Die Uitvoerende Burgemeester, Grant Riddles, het beklemtoon dat die skoon oudit 'n gevolg is van goeie samewerking tussen die politieke en administratiewe komponente van die Raad.
Dit simboliseer die munisipaliteit se verbintenis tot skoon administrasie en goeie regeerkunde deur die korrekte aanwending van publieke fondse binne die wetgewende raamwerke.
"Ek bedank Hessequa Munisipaliteit se Raad, die Munisipale Bestuurder en sy span van Direkteure, asook elke munisipale amptenaar vir hul harde werk en toewyding wat verseker dat ons jaar na jaar hierdie uitsonderlike prestasie bereik. 'n Spesiale woord van dank ook aan die uittredende Direkteur: Finansiële Dienste, Me Lien Viljoen, vir haar harde werk en toegewydheid aan die Raad."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’