STILBAAI NUUS - Die Stilbaai Belangeforum se algemene jaarvergadering vind plaas op 16 Februarie om 16:00 by die Palinggat-Oord se saal.
Dit beloof om 'n baie interessante vergadering te wees aangesien die Munisipale Bestuurder van Hessequa Munisipaliteit, Mnr Albert De Klerk, gaan optree as gasspreker.
Mnr De Klerk gaan die finansiële volhoubaarheid van die Hessequa Munisipaliteit oor die medium- en langtermyn, in die lig van Suid-Afrika se sukkelende ekonomie, bespreek.
Die Belangeforum nooi alle belangstellendes om die vergadering by te woon.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’