Update Video
HESSEQUA NUUS EN VIDEO - Groter bewegingsvryheid onder vlak 3 van die inperkingsregulasies blyk nie sonder meer gelyk aan meer voete in die strate te wees nie.
Tydens Suid-Kaap Forum se rit deur Riversdal en Stilbaai op Maandag, 15 Junie was die strate wat gewoonlik in die middel van 'n weeksoggend voor 'n vakansiedag gewemel het, vreemd leeg.
Hoewel daar heelwat geparkeerde motors in die sakekern was, was beweging hoofsaaklik rondom supermarkte gekonsentreer en ander winkels was stil. Tydens etenstyd het wegneemrestaurante vir 'n tydelike oplewing van werkendes op soek na middagete gesorg, maar daarna het aktiwiteite weer afgeneem.
Estéa Venter van Riversdal sê alles voel vreemd: "Mens is eintlik nog te bang om onnodig uit jou huis te gaan en met enigiemand te praat, want ons is onseker oor die koers wat die virus gaan inslaan."
Stilbaaier Sonja Koen reken geduld is die antwoord. "Dié moeilike tye sal ook verbygaan. Ons moet die beste moontlik onder omstandighede doen en nie onnodige risiko's neem nie."
Kyk 'n video hieronder:
Riversdal se hoofstraat was Maandag baie stil.
Vorige artikel: Strate is stil
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'