HESSEQUA NUUS - Groter bewegingsvryheid onder vlak 3 van die inperkingsregulasies blyk nie sonder meer gelyk aan meer voete in die strate te wees nie.
Tydens Suid-Kaap Forum se rit deur Riversdal en Stilbaai op Maandag, 15 Junie was die strate wat gewoonlik in die middel van 'n weeksoggend voor 'n vakansiedag sou gewemel het, vreemd leeg.
Hoewel daar heelwat geparkeerde motors in die sakekern was, was beweging hoofsaaklik rondom supermarkte gekonsentreer en ander winkels was stil.
Stilbaaier Sonja Koen reken geduld is die antwoord: "Dié moeilike tye sal ook verbygaan, ons moet die beste moontlik onder die omstandighede doen en nie onnodige risiko's loop nie."
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'