Volgens omstanders op die toneel was die Cressida onderweg na Port Elizabeth. Die motor het op die linkerbaan van 'n dubbele baan, rigting Mosselbaai, gery toe die minibus voor die sedan oor die pad beweeg en die kar tref.
Na wat verneem word, was die bestuurder van die Cressida, die oupa van die minderjarige insittendes, met die kinders op pad Port Elizabeth toe vir die vakansie.
Die drywer van die minibus het geringe beserings opgedoen. Nie een van die passasiers in die taxi het noemenswaardige beserings opgedoen nie.

