RIVERSDAL NUUS - Suid-Kaap Forum het oor die afgelope paar weke verskeie klagtes oor motoriste wat nie aan verkeer-, maar veral parkeerregulasies in Riversdal voldoen nie, ontvang.
Voertuie parkeer blykbaar onwettig op spasies wat vir gestremde persone gereserveer is, maar ook vir langer tydperke as die toegelate 60 minute by sommige parkerings in sekere dele van die dorp.
“Maandae en Vrydae wanneer die dorp besonder besig is, staan voertuie op kritieke plekke, soos voor 'n bank vir baie langer as 60 minute,” vertel 'n klaer.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'