RIVERSDAL NUUS - Veral internet slenters steek weer kop uit en die plaaslike polisie wil die gemeenskap help om nie 'n slagoffer van misdaad te word nie.
"Ons doen weereens 'n beroep op die gemeenskap om die polisie se oë en ore te wees. Ek kan nie genoeg klem daarop lê dat mense vir internet scams moet pasop.
Mense word met die verkoop van karre, honde, werksgeleendhede, selfone tot wendy huise verkul," het lt.kol. Delecia Isaacs, plaaslike stasiebevelvoerder gesê.
Konst. Venia Daries, mediawoord-voerder van die plaaslike polisie, het gesê: "Die gemeenskap moet veiligheidsmaatreëls as belangrik beskou en toepas om misdaad te voorkom. Vals sake wat vir versekeringsdoeleindes gemaak word, sal vervolg word. Ons vra die gemeenskap om veral namiddae in Jurichpark en by die ou treinstasie versigtig te wees, want dit is een van die gevaarsones. U samewerking om misdaad te bekamp sal baie waardeer word."
Pas dié maatreëls toe
- Die afgelope tyd word motorbatterye, -aansitters en -bande gesteel.
- Sluit voertuie en die huis se deure en vensters.
- Maak motorhuisdeure en hekke toe en hou dit gesluit.
- Waardevolle items moenie rondlê nie.
- Kinders moet fietse glad nie op die grasperk laat lê nie, maar dit vassluit of bêre.
- Meld die adres van jou woning by die polisie aan wanneer jy met vakansie gaan.
- Met enige misdaad, bv. diefstal uit motorvoertuie en huisbrake, moet vingerafdrukke geneem word.
- Moenie met oorfone in jou ore stap of bestuur nie. Dit maak jou 'n teiken vir diefstal, want jy kan nie hoor wanneer iemand jou agtervolg of wanneer 'n motor op jou afry nie. Motorbestuurders met oorfone kan nie hoor wat om hulle aan gaan nie.
- Kyk uit vir en wees versigtig vir persone in sweetpakbaadjies met 'n kappie in donker hoeke.
- Moenie inkopies buite jou motor los terwyl jy dit uitlaai en by die huis indra nie. Onlangs is 'n groep gewaar wat verbystap, die pakkies gryp en daarmee weghardloop.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'