- Moet nooit 'n e-pos of selfoonboodskappe beantwoord wat jou persoonlike en/of bankbesonderhede aanvra nie;
- Moet nooit jou bank pin/aanlyn pin neerskryf of vir iemand anders gee nie;
- Moenie enige geld inbetaal as die e-pos of selfoonboodskap dit vra nie.
- Veiligheid tuis
- Maak seker dat alle deure en vensters gesluit is as jy nie by die woning is nie;
- Stel familie of bure in kennis as en wanneer jy van die woning weggaan en die tydperk wat jy nie tuis sal wees nie;
- Sorg dat alle toerusting, soos grawe en byle wat gebruik kan word in 'n aanval, veilig weggebêre is wanneer dit nie gebruik word nie;
- Moenie tydelike werkers in diens neem sonder enige verwysings nie;
- Verwyder digte bosse of bome by die woning wat as skuiling gebruik kan word;
- Rapporteer verdagte persone onmiddelik aan die plaaslike polisie.
- Moenie waardevolle items soos skootrekenaars, kameras, selfone en/of kontant sigbaar in 'n voertuig los nie;
- Maak seker dat alle vensters en deure van die voertuig gesluit is;
- Verwyder losmaakbare radio's en radio gesiggies;
- Moenie 'n handsak sigbaar in die voertuig agterlaat nie.
- Die polisie raai inwoners aan om by die buurtwag in jou woongebied aan te sluit.