Update
HEIDELBERG NUUS - Volgens pastoor Jabe Hoogbaard, gemeenskapsleier op Heidelberg ruk inbrake handuit en versoek hy dat inwoners nie 'n mark vir die diewe skep deur gesteelde goedere aan te koop nie.
Verskeie inwoners van dié dorp het op sosiale media genoem dat daar by hulle pogings was om in te breek.
Vrydagoggend, 21 Augustus net na 01:00 het iemand by 'n huis in Gamblestraat probeer inbreek, maar die huisvrou het wakkergeskrik toe sy 'n kapgeluid by hul sitkamervenster hoor. Die inbreker was besig om die houtpanele rondom die venster te verwyder en het op die vlug geslaan toe hy agterkom dat sy hom gewaar het. Die polisie is ontbied, maar hulle kon hom nie opspoor nie.
Vier sakke sement is Saterdag, 22 Augustus in Hoogstraat van 'n trok gesteel na die seile losgesny is.
Die afgelope week het diewe vir die vyfde keer vanjaar by 'n bekende winkel op Slangrivier ingebreek.
Die inbraak het gedurende die nag van 20/21 Augustus plaasgevind en slegs sigarette ter waarde van ongeveer R6 000 is gesteel. Niemand is tot dusver vir die misdade in hegtenis geneem nie.
Enigiemand met inligting kan sers Whitey Solomons van die Heidelberg-polisie se speurafdeling skakel (084 661 1155/028 722 1910).
Vorige artikel: Diewe bly bedrywig
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'