RIVERSDAL NUUS - 'n Unieke geleentheid met verskeie sprekers sal eersdaags in Riversdal plaasvind.
TEDxRiversdale Silver Linings vind Saterdag, 16 Oktober by De Doornkraal plaas, maar slegs 'n beperkte hoeveelheid kaartjies is nog beskikbaar.
Die geleentheid is gepas 'Silver Linings' genoem, omdat ons almal dit regtig nodig het. "Terwyl die stormwolke oral om ons donder - moenie toelaat dat wanhoop posvat nie.
Fokus eerder op die silwer randjie wat net bokant die Slapende Skoonheid skyn," sê 'n woordvoerder van die Gouritz Biosphere Reserve wat dit organiseer.
"Dit is nou die tyd om geïnspireer te word, idees te deel en die positiewe elemente in ons stad en die wêreld daarbuite te beklemtoon. Kom saam met ons aan die ander kant - waar 'n uiteenlopende groep sprekers u sal laat dink, voel en lag."
Wie of wat is TEDx?
Dit is 'n program van plaaslike, selfgeorganiseerde geleenthede wat mense bymekaarbring om 'n TED-agtige ervaring te deel.
By so 'n geleentheid kombineer TED Talks video en lewendige sprekers met 'n diep gesprek en konneksie.
Hierdie plaaslike, selfgeorganiseerde geleenthede word met TEDx gebrandmerk en beteken die x = 'n onafhanklik georganiseerde TED-geleentheid.
TED is 'n organisasie sonder winsbejag wat toegewy is aan die verspreiding van idees. Dit het 30 jaar gelede begin as 'n vierdaagse konferensie in Kalifornië en het sedert gegroei om sy missie te ondersteun met verskeie inisiatiewe.
Die tweejaarlikse TED-konferensies nooi die wêreld se voorste denkers en doeners uit om vir 18 minute of minder te praat. Baie van hierdie gesprekke word dan gratis op TED.com beskikbaar gestel.
Sprekers het Bill Gates, Jane Goodall, Elizabeth Gilbert, Sir Richard Branson, Nandan Nilekani, Philippe Starck, Ngozi Okonjo-Iweala, Sal Khan en Daniel Kahneman ingesluit. Die jaarlikse konferensie vind elke lente in Vancouver, British Columbia, plaas. TED se media-inisiatiewe sluit in TED.com, waar daagliks nuwe gesprekke geplaas word.
Besprekings kan aanlyn gedoen word by https://tedxriversdale.gouritz.com/ of skakel vir Rita (082 807 5750) vir meer inligting.
Volg TED op Twitter , of op Facebook.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'