TUINROETE | KAROO NUUS - Het jy geweet dat die taal wat ’n baba voor geboorte hoor sy hartjie op twee maande vinniger laat klop wanneer hy dit hoor?
Wanneer ‘n ma met haar kind in haar moedertaal praat, styg haar stemtoon en dit geld vir al 7 099 tale wat wêreldwyd gepraat word!
Dit is ‘n feit
Jou moedertaal gee jou die grondslag om meer as een taal te bemeester. Hoe sterkter jou vaardigheid in jou moedertaal, hoe makliker kan jy ’n ander taal aanleer omdat jy die beginsels van jou eie taal goed onder die knie het en daarom makliker op ander tale kan toepas.
Maar wat is meertaligheid?
Dit is die vermo? om meer as een taal aan te leer juis omdat jou moedertaal gevestig is. Met ander woorde: moedertaal en meertaligheid – ook veeltaligheid genoem – gaan hand aan hand, want dit is moedertaalonderrig wat veeltaligheid moontlik maak. Kortom: As jou moedertaal behoorlik bemeester is, leer jy ‘n tweede of derde taal soveel makliker aan.
Hoekom is veeltaligheid so belangrik?
Dit dra by tot ‘n volhoubare, suksesvolle toekoms in Suid-Afrika. Veeltaligheid:
- Maak deelname moontlik.
- Gee toegang tot nuwe kennis en kulturele ervarings.
- Maak die res van die wêreld oop.
- Dra by tot beter begrip van ander.
Wat kan jy as ouer doen?
Maak seker jy verstaan die belangrike rol wat moedertaal in jou kind se opvoeding speel – ten minste die eerste ses jaar van skool. Doen die volgende om jou kind te bemagtig:
- Berei jou kind voor vir meertaligheid - die meeste kinders het die vermoë om meer as een taal aan te leer.
- Lees gereeld vir jou kind om so sy akademiese taal te versterk.
- Kies ’n skool wat veeltaligheid ondersteun sodat jou kind deur blootstelling nog ’n taal kan bemeester.
- Kies ’n skool wat kreatiwiteit en kritiese denke bevorder.
Gaan lees meer oor die belangrikheid van moedertaalonderrig op Afrikaans.com se leerhulpafdeling onder die hofie: Leer meer oor Afrikaans - Moedertaalonderrig
LEES MEER: Gee jou kind 'n voorsprong deur sy moedertaal
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'