HEIDELBERG NUUS - Samesprekings is deur Heidelberg-polisie, in samewerking met die GPF, Jeugtak en Hessequa-munisipaliteit op Donderdag, 6 Januarie gehou om die bekamping van misdaad, veral onder jeugdiges aan te spreek.
Heinrich Hartnick, GPF-voorsitter, Charmaine Esau, GPF-Jeugtakvoorsitter, Jayden Gabriels, jeugaktivis en direkteur van die Childrens Voices (WK), asook Kaapse Vlakte Veiligheidsforum-voorsitter het ook die samesprekings bygewoon.
Konsensus is bereik oor hoe die munisipaliteit in samewerking met die plaaslike polisiestrukture kan werk om haalbare projekte te loods.
Van links is Gerald Boezak, Charmaine Esau, Raymond Heunis, Jayden Gabriels, Chris Onrust en Heinrich Hartnick. Foto: Clive Pretorius
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'