HESSEQUA NUUS - Die Wes-Kaap minister van gesondheid, dr. Nomafrench Mbombo, het op 26 Junie die Hessequa-streek besoek.
Sy het met personeel by Heidelberg mediese nooddiens (EMS) oor hul werksomstandighede en wat hul grootste behoefte is, gaan gesels.
Toe is sy na Stilbaai-kliniek, waar sy gehoor het dat ’n tekort aan administratiewe personeel en internet-onderbrekings die werksaamhede aan bande lê.
Sy is ook ingelig dat ’n afdak by die satelliet-kliniek op Melkhoutfontein pasiënte teen wind en weer sal beskerm.
Van links: Dr. Hilese Schoeman van Garden Route-distriksgesondheidsforum, dr. Nomafrench Mbombo, Wes-Kaap minister van gesondheid en Grant Riddles, burgemeester.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'