HESSEQUA NUUS - As ’n mens drie weke weens Covid-19 tuis is, is dit te verwagte dat jy bietjie met die maan gepla kan raak.
Nie Wim Filmalter nie – hy is lankal met die maan – en al die ander hemelliggame én teleskope gepla. Vir ’n stokperdjie herstel en bou hy teleskope en van sy unieke ontwerpe het al pryse gekry.
Volgens hom was dit beter om die volmaan van 8 April te fotografeer as om deur ’n teleskoop daarna te kyk.
Al die ander planete met hul mane en ringe wat hy met sy sterre-teleskoop bekyk, is vir hom meer besonders.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'