Dié oorsigondersoek op Riversdal was ten doel om ondersteuning te lewer aan die munisipaliteit se kulturele- en sportprogramme.
Meyer is vergesel deur die uitvoerende burgemeester, rdl. Emor Nel en die Uitvoerende Burgemeesters Komitee (UBK) tydens sy besoek aan die plaaslike biblioteek, die Julius Gordon Africana Sentrum, Hoërskool Langenhoven en Riversdal sportgronde Riverville.
Fokus op netbal
Netbal is een van die sportvorms waarop die minister gaan fokus gedurende die jaar.
Meyer het sy wens uitgespreek dat netbal deur die raad bevorder en ondersteun word. Sy besoek is afgesluit deur 'n besoek aan Riverville Stadion.
Die departement sport en kultuursake het 'n MOD (Mass Opportunity Development) sentrum op die gronde waar daar na skool 'n sport afrigtingsprogram vir leerders sal plaasvind.

Minister Meyer saam met die Uitvoerende Burgemeesters Komitee (UBK) en koalisie komponent van die Hessequa raad. Van agter links is rdl. Fred Carelse (Civic Independant/UBK), rdl. Phillip Claassens (DA), rdl. Charles Prins (DA/UBK), onder-burgemeester, rdl. Julian Merkeur (COPE /UBK), rdl. Leon Fourie (DA/speaker) en rdl. dr. Joan Prins (DA/UBK). Voor van links is me. Jennifer Hartnick (Wes-Kaap LP), dr. Ivan Meyer (minister van sport en kultuursake) en die uitvoerende burgemeester van Hessequa, rdl. Emor Nel.