Gallery
RIVERSDAL NUUS - Lede van die FAK-Riversdal-Kultuurnetwerk en 'n paar gaste het Saterdag, 19 Februarie by die historiese Meurant-begraafplaas in Riversdal byeengekom om hulde te bring aan Louis Henri Meurant 210 jaar ná sy geboorte.
Die FAK het ’n nuwe granietsteen by die graf gelê waarop die naam van die eerste boek in Afrikaans in 1861 aangebring is en waarvan Meurant die outeur was.
Indien jy wil aansluit by die Riversdal-FAK-kultuurnetwerk kontak Elizma Smith (elizma@kultuurtuiste.org.za) of jy kan as vriend van die FAK aansluit by www.fak.org.za en so ’n bydrae tot die bewaring en uitbou van ons erfenis lewer.
Fotogalery: FAK-Riversdal-Kultuurnetwerk bring hulde aan Louis Henri Meurant
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'