Gallery
RIVERSDAL NUUS - ’n Klein groepie mense van Riversdal het onder leiding van Candice Bouwer buite die skougronde teen die gebruik van diere in ’n sirkus geprotesteer.
McLaren sirkus het op die skougronde kamp opgeslaan en Maandag 4 en Dinsdag 5 Februarie ’n vertoning aangebied.
Lede van die gemeenskap sowel verteenwoordigers en die stigter van Community Animal Rescue Society (CARS), Sandra Lotz het hul ontevredenheid gewys deur swart hemde te dra en plakate omhoog te hou.
Hoewel hulle mense probeer oortuig het om nie die sirkus te ondersteun nie, was elke vertoning goed bygewoon. Dit was duidelik dat die gehoor, veral die kinders die verskeidenheid toertjies geniet het.
Vir meer inligting oor die McLaren sirkus en om te sien watter diere hulle in die sirkus gebruik, gaan na www.mclarencircus.co.za
Vir meer inligting kan mense gerus Beauty without Cruelty se web tuiste besoek: www.bwcsa.co.za
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'