HESSEQUA NUUS - Graeme Cuttings is aangestel as skoolhoof van Melkhoutfontein Primêr in die plek van Ruby Flores wat einde 2022 afgetree het.
Hy het die warm stoel aan die begin van die derde kwartaal ingeneem en is baie opgewonde om deel van die Melkies-span te wees.
Hy kom van Worcester af waar hy skoolgehou het by Esselenpark Primêr, Laerskool Worcester-Oos en ook Lorraine Primêr in Rawsonville.
Onderwys is sy passie en hy is ook ‘n baie goeie sportadministrateur en afrigter.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’