MELKHOUTFONTEIN NUUS - Opgradering vir Melhoutfontein se sportgronde is eindelik verlede jaar goedgekeur en sal in die 2018/2019 boekjaar kan begin.
Die bekendstelling van die projek is op Vrydag 3 Mei by dié dorp se sportgronde gehou.
Shahida Kennedy, projek bestuurder het gesê dat die munisipale infrastruktuur fonds slegs gebruik mag word vir projekte wat goedgekeur word.
Herold Basson, direkteur tegniese dienste het genoem dat hoewel sport met die projek bevorder sal word, dit werksgeleenthede vir plaaslike mense skep.
“Ons wil graag hê mense moet meer betrokke by sport raak en dit is waarvoor die burgemeester spesifiek, baie hard baklei het.”
Kerkleiers, inwoners, raadslede, Grant Riddles (uitvoerende burgemeester van die Hessequa-streek) en ook Johannes Hartnick (onderburgemeester) onthul die bord wat die projek bekendstel by Meklhoutfontein sportgronde.
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'