BREDASDORP NUUS - Die terrein waar die jaarlikse landbou expo aangebied word, is onder nuwe bestuur.
Op 5 Desember het Bredasdorp Mega Park NPC die bestuur daarvan oorgeneem.
Die direksie staan onder leiding van Niel Giliomee as voorsitter.
Hy het die Mega Week 24 jaar gelede begin. Die ander lede is Michael van Breda, Dirk Uys, Dirk Hanekom en Henk Aggenbach.
Hulle word bygestaan deur ‘’n komitee bestaande uit boere, besigheids- en gemeenskapsleiers.
Die nuwe bestuur stel dit ten doel om die terrein as 'n expo en opleidingsterrein beskikbaar te stel en dit deur die jaar, in samewerking met ander organisasies te benut.
‘n Voltydse kantoor sal eersdaags op die terrein gevestig word.
Enige navrae kan aan Dirk Uys by 082 490 6909 en Niel Giliomee by 082 339 3744 gerig word.
'Ons bring jou die nuutste Bredasdorp, Hessequa nuus'