HESSEQUA NUUS - Statistieke het getoon dat ongeveer 75% van die Wes-Kaap se bevolking bloed of bloedverwante produkte een of ander tyd in hul leeftyd sal nodig kry.
Wat tragies is, is dat slegs 1.5% van die Wes-Kaap bevolking skenkers is.
"Ernstige ongelukke vind daagliks plaas en so ook word honderde operasies in die provinsie per dag uitgevoer waar bloedoortappings noodsaaklik is.
Hoekom word jy nie ook 'n held en skenk bloed nie? Jy kan meer as een persoon se lewe daardeur red," sê Arlecia November, toesighouer en bemarker van die Wes-Kaap Bloeddiens.
Indien jy tussen die ouderdom van 16 en 75 jaar oud is, 50kg of meer weeg, 'n algemene goeie gesondheid handhaaf en 'n veilige seksuele leefstyl lei, behoort jy te kan bloed skenk.
Die volgende bloeddiensklinieke
- Riversdal: 3 Maart vanaf 14:00 - 18:45 in die burgersentrum;
- Heidelberg: 14 Maart vanaf 12:00 - 17:30 in die stadsaal; en
- Albertinia: 22 Maart vanaf 14:00 - 18:00 in die stadsaal.
Indien jy met die koronavirus gediagnoseer word binne 28 dae na jy bloed geskenk het, moet jy dadelik met die Wes-Kaap Bloedskenkdiens in verbinding tree (021 507 6319/507 6320/507 6329).
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'