Gallery
RIVERSDAL NUUS - Mandeladag is weer Dinsdag 18 Julie wêreldwyd gevier om die ikoon se verjaarsdag op tasbare wyse te vier.
Mandeladag word gesien as die ideale geleentheid om individue, gemeenskappe en organisasies aan te spoor om tyd te bestee om met hul onderskeie aksies op sy waardes en beginsels te fokus en om daardeur 'n positiewe impak of bydrae in hul onderskeie gemeenskappe te maak.
Ook in Hessequa het mense, besighede en verskeie organisasies projekte aangepak om die tema "Klimaat, Kos en Solidariteit" ten volle te ondersteun.
Die Nelson Mandela Stigting het 'n beroep op veral Suid-Afrikaners gedoen om bome te plant en om kos- of groentetuine in gemeenskappe aan te plant.
FOTOGALERY: Mandeladag op Riversdal gevier
Personeel van Pick n Pay Riversdal het gevoel 'n Afrika-tema is gepas vir Mandeladagvieringe. Van links is Juliena Moses, Chuneal Booysen, Leonard de Wet (bestuurder), Cathleen Cloete en Jamy Lee Jacobs met hul uitrustings.
Foto: Hugo Redelinghuys
Dié groep kinders van die Riversdal-hospitaal se kindersaal het almal 'n donut en botteltjie koeldrank by die personeel van Full House gekry. Hier kan gesien word hoe hulle en hul ouers breed glimlag vir die lekker bederf. Die personeel is Granville Pietersen (verkoopskonsultant - links voor), Chané Platjies (kredietklerk) en Marius van Rensburg (voorraadklerk - middel onder.)
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’