Die oorledene, Jakob Esau (37) 'n plaaswerker woonagtig op die plaas Princess, net buite die dorp het Saterdagaand, 27 Julie saam met sy saamleefmaat se seun, Daniel 'Boelas' Manho na vriende gegaan om daar te kuier.
Volgens sy maat, Katrina (Betjie) Manho het Boelas met sy werkgewer se trekker Saterdagaand ongeveer 19:00 na die plaas Goedehoop, sowat 25 km buite die dorp gegaan. Hy het vermoedelik beheer oor die trekker verloor voor dit die plaaspad verlaat en in bome vasgery het.
Volgens die polisie het Manho waarskynlik afgespring toe hy besef hy kan nie die trekker onder beheer kry nie. Hy is sedertdien vermis en word hy dringend deur die polisie gesoek.
A.o. Alroy Windvogel, polisie skakelbeampte sê dat daar 'n vyf liter bokswyn op die trekker gevind is toe hulle op die ongelukstoneel afgekom het. Enigiemand wat weet waar Manho hom bevind, moet dringend met Windvogel of die polisiestasie in aanraking kom.

Die ongelukstoneel. Inlas: Wyle Jakob Esau. Foto: Clive Pretorius.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'