Mert, 'n busbestuurder woonagtig op die plaas Fairview, het blykbaar die middag teen ongeveer 17:20 beheer oor sy motor verloor en in 'n aankomende motor van voor gebots. Hy was op pad na sy kinders op 'n plaas net buite Heidelberg.
Volgens familielede van die oorledene het die ongeluk net buite die plaas Koppies, nie ver van Fairview en ongeveer 25km vanaf Heidelberg gebeur. Mert was tydens die ongeluk alleen in sy motor.
Sy dogter, Sharon Hendricks vertel hartseer dat haar pa die motor slegs 'n maand gehad het.
Vier insittendes van Slangrivier was in die ander motor, waarvan 'n manlike bestuurder, sy vrou, haar suster en 'n kind.
Volgens ao DC Giliomee, skakelbeampte van Swellendam Polisie wie se lede op die toneel was, het van die insittendes seergekry en was hulle na Riversdal Hospitaal vervoer. Hy het bevestig dat 'n saak van strafbare manslag ondersoek word.
Die oorledene laat drie dogters, 'n seun en 13 kleinkinders agter. Die begrafnisreëlings was nog nie beskikbaar teen druktyd nie.

Wyle Abe Mert. Foto verskaf
ARTIKEL: CLIVE PRETORIUS, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'