HEIDELBERG NUUS - 'n 42-Jarige man van Heidelberg is Sondagmiddag, 13 September in hegtenis geneem toe hy onder die invloed van sterk drank bestuur het. Hy is op waarskuwing vrygelaat en sal op 'n later datum in die hof verskyn.
Ao Alroy Windvogel, plaaslike kommunikasiebeampte waarsku dat daar streng teen oortreders in dié verband opgetree sal word.
Hy doen ‘n beroep op motoriste om liefs iemand te vra om hul te gaan haal wanneer hul ‘n drankie gaan geniet en huis toe moet ry.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'