ALBERTINIA NUUS - Die inwoner van 'n hophuis in Katdoringstraat, Albertinia het brandwonde aan sy regterarm opgedoen toe hy 'n brand probeer blus wat in die woning ontstaan het. Hy is na Riversdal-hospitaal vir behandeling.
Volgens ao Jolene van der Merwe van Albertinia-polisie het die voorval Vrydagoggend, 2 April om ongeveer 04:45 gebeur.
"Die brandweer was gou op die toneel. Niemand anders is beseer nie."
Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.
Die hophuis in ligte laaie.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'