HEIDELBERG NUUSFLITS - Die Goliath Davids/Hessequa Toneelfees wat vir die tweede agtereenvolgende jaar aangebied word, begin Maandag 2 Oktober en duur tot Saterdag 7 Oktober in die Duivenhoks Gemeenskapsaal.
Volgens Lloyd Davids, seun van wyle Goliath Davids, bekende akteur en dramaturg, asook stigter van die Goliath Davids Legacy Project, is daar reeds 20 groepe, waaronder nege laerskole, agt hoërskole en drie buitemuurse dramagroepe wat ingeskryf het.
Skole van sover as Namakwaland, De Doorns, Atlantis, Kaapstad en Ladismith het ingeskryf. Davids is van mening dat dié aanbieding van die fees verlede jaar s'n sal oortref.
“Inskrywings is reeds twee keer meer as verlede jaar en strawwe mededinging word op die verhoog verwag.”
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'