STILBAAI NUUSFLITS - Dié dorp se eie Passiespele word beplan vanaf 11 tot 13 April 2019.
Spelers daarin het reeds onder die wakende oog van die ervare regisseur, Pauline Hollis begin oefen.
Dit is ’n gemeenskapsprojek wat in die gemeenskapsaal aangebied gaan word.
Byspelers, veral jonger mans as dissipels, asook vroue en mans wat as skares kan optree word benodig.
Borge vir finansiële ondersteuning, sowel as persone wat kan help met die bou van dekor, maak en regmaak van kostuums sal waardeer word.
Vir meer inligting kontak Elsie Lategan by 083 320 8380.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'