Die projekbestuurder, adv. Anthea Michaels van die departement gemeenskapsveiligheid het ook as seremoniemeester opgetree. Die uitvoerende burgemeester van Hessequa, rdl. Emor Nel het die verwelkoming behartig en 'n gepaste gedig vir vrouens voorgelees, waarna past. Stephan Gibbons 'n kort skriflesing en gebed gedoen het. Michaels het gesê dat dit nie om dowe neute is dat die minister besluit het om die plattelandse veldtog in Bredasdorp te begin nie, maar dat dit juis was oor die wrede verkragting en dood van die tiener, Anene Booysen vroeër vanjaar.
Me. Jenny Hartnick (lid van die parlement) was ook 'n gasspreker en volgens haar is dit belangrik dat ouers hul kinders weer leer wat moraliteit is. "Ons moet hande neem en vergeet van politieke verskille om hierdie probleem, veral in die Hessequa-streek, te verlig en om 'n verskil te maak."
Plato het benadruk dat die sentrale tema van die veldtog die familie-eenheid is. "Alles wat reg verloop, begin by die familie - maar ook alles wat verkeerd loop. Ouers moet vir hul kinders 'n voorbeeld wees, maar in baie gevalle beskerm ma en pa hul kinders en dit maak van jou ook 'n moordenaar of geweldenaar." Hy het benadruk dat vrouens na vore moet kom as hulle aangerand of verkrag word en nie skaam daaroor hoef te wees nie. "Die tye wat dit onder die mat gevee is, is verby. Mans dwing hul welluste op vrouens en kinders af en dink dis reg en ons laat hierdie dinge toe asof dit mode is." Volgens hom is drank die groot oorsaak van al hierdie geweld en dat verkragting en aanranding oor naweke op die platteland en landelike gebiede die hoogte inskiet met 'n styging van meer as 60%.
"Ons ouers het miskien nie grade gehad nie, maar hulle het waardes gehad en dit het tyd geword dat ons dit ook begin toepas. Die samelewing het in wanorde verval en ons verwag van die polisie om orde te herstel, maar dit is by pa en ma waar dit moet begin want orde by die huis sal uitkring na 'n wyer gemeenskap." Hy het ook gesê dat dit belangrik is vir ouers om toe te sien dat hulle kinders hul huiswerk doen en nie met messe of ander wapens skool toe gaan nie.
Plato het afgesluit deur te sê dat daar 'n alternatief is vir jongmense wat hul lewens wil verander en bo hul omstandighede wil uitstyg. "Die regering bied vandag vir jou die geleentheid om verder te gaan leer en ek is vandag hier om vir jou daardie hoop te gee. 'Make the choice for the better'." Kaptein Julies van Riversdal polisiestasie het die bedankings behartig.
* IN SHORT
Minister Dan Plato of the Department Community Safety visited Riversdale Tuesday, 3 December in support of the 16 Days of Activism against violence against women and children, especially in the rural areas, but also to bring a message of hope. The project manager, Adv. Anthea Michaels of the Community Safety Department was also master of ceremonies. The executive mayor of Hessequa, Cllr. Emor Nel did the welcoming, while past. Stephen Gibbons open the proceedings with a short scripture reading and prayer. Ms. Jenny Hartnick (member of parliament) said it is important that parents teach their children what morality is. According to Plato, it is necessary that parents have to set an example for their children. He said, the misuse of alcohol is the major contributor to most violence. He concluded by saying that there is an alternative for young people who want to change their lives and rise above their circumstances: The opportunity by the government to study. "Make the choice for the better."
Van links is mnre. Stephan Lamprecht (voorsitter GPF), kapt. Julies, me. Jenny Hartnick, minister Dan Plato, rdl. Emor Nel en adv. Anthea Michaels.