RIVERSDAL NUUS - Bianca Lombaard, 'n gr. 9-leerder van Hoërskool Langenhoven het op 26 Augustus tydens die Wes-Kaap Radikale Redenaarsfees se finaal, puik presteer.
Sy het te Hoërskool Stellenberg deelgeneem en in die volgende kategorieë vir gr. 9 presteer: Afrikaans Moedertaal (derdeplek), Afrikaans Lees: Prosa (derdeplek), Afrikaans Lees: Poësie (eersteplek), English Reading: Poetry (eersteplek).
Sy dring deur na die nasionale finaal wat op 14 Oktober in Pretoria plaasvind.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'