ALBERTINIA NUUS - Die polisie in Albertinia het gisteraand Dinsdagaand 11 Oktober omstreeks 23:45 'n klagte ontvang van 'n liggaam wat op die N2 sowat 100 buite die dorp langs die pad lê.
Die polisie is onmiddellik na die toneel waar hulle die liggaam van 'n onbekende man gekry het.
Daar was geen voertuig op die toneel nie, maar dit wil voorkom of die oorledene die slagoffer van 'n tref-en-trap-ongeluk was.
'n Sleutel is by die liggaam gevind. Die polisie skat die ouderdom van die oorledene tussen 40 en 60 jaar en het 'n saak van strafbare manslag oopgemaak.
Indien enigeen 'n familielid vermis of dalk kan help om die eienaar van die sleutel te identifiseer, kan hulle die ondersoekbeampte, sers. Fielies bel by 028 735 8064 òf die dienssentrum by 028 735 8043 òf die speurder aan diens by 079 894 1615.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'