Gallery Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Huis Wallace Anderson het in 1991 in Proteastraat, Riversdal tot stand gekom om 'n tuiste vir fisies gestremde persone te skep wat hul talente gebruik om hulself te onderhou.
Hulle hanteer die bestuur van die huis en genereer 'n inkomste uit 'n moderne rekenaaarondersteunde drukkery en plastiekware-winkel.
Alpha Pharm het onlangs 'n skenking van mediese versorgingsmiddels ter waarde van R12 000 aan die huis gemaak, wat die fokus opnuut op hierdie besondere mense laat val het wat hulle nie laat onderkry deur hul fisiese gestremdhede nie.
Kyk 'n video hieronder:
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'