Hierdie toer was 'n uiters waardevolle ekskursie waar leerders 'n verskeidenheid toepaslike besienswaardighede besoek het.
Dit het onder andere die Mediese Morfologie-museum van die Universiteit van Stellenbosch Tygerberg-kampus, asook die My City bustoer waar verskeie plekke in Kaapstad besoek is, ingesluit.
Daar is veral gefokus op Kirstenbosch Nasionale Botaniese Tuine, wat die tuiste van 'n indrukwekkende versameling inheemse Suid-Afrikaanse plante is.

Die toergroep in die Botaniese Tuine saam met Suzanne Theron (Lewenswetenskap-onderwyser) en Estea Venter (Openbare Betrekkinge-beampte).
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'