HEIDELBERG NUUSFLITS - Die liggaam van ’n bejaarde man is vanoggend (Vrydag 10 Augustus) omstreeks 09:40 op ’n perseel aangrensend aan U-Save ontdek.
Geen misdaad word vermoed nie.
Die oorledene is glo oorspronklik van Slangrivier.
Shirtey Marais was besig om 'n gastehuis oorkant die supermark te verf, toe hy twee verbygangers vir 'n vuurhoutjie vra. Hulle het hom gevra of dit nie 'n mens is wat daar lê nie. "Dis toe dat ek nader gaan en tot my skok ontdek ek toe dat dit wel iemand is."
Lees meer in volgende week se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'