STILBAAI NUUS - Die NG Kerk in Stilbaai het dit reggekry om die wêreldbekende Lynette Beer te lok om te kom praat oor menseverhoudinge.
Lynette vind haar grootste vreugdes en ook uitdagings in haar interaksie met mense. Sy glo dat sinvolle verhoudings, op persoonlike sowel as professionele vlak, binne almal se bereik is.
Maar dit verg deeglike kennis van wie jy is en begrip vir ander mense se gedagtewêreld.
Haar uiters praktiese vierkleurige temperamentmodel is ontwerp om mense toe te rus om temperamente te verstaan en hul emosies te bestuur. Vir Lynette is dit nie net teorie nie, maar hartservarings waaruit sy geleer het. Hierdie lewenslesse gee sy nou met empatie deur na groepe en individue wat in hul eie groei wil belê.
Hou 10 Maart oop, want Lynette Beer wil met jou praat oor "Lewe 'n lewe in volkleur.'
Vir meer inligting kan jy die kerkkantoor skakel by 028 754 1705 of vir Tersia by 072 159 9298 en ook Annelie by 083 267 9183.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'