HEIDELBERG NUUS - De Waalville Primêr het Vrydag 24 Februarie meer as sestig gr. 5-leerders op 'n opvoedkundige uitstappie na Albertinia geneem.
Uitbundige leerders kon nie wag om hul sitplekke in die bus te kry sodat hulle op dié ekskursie kon gaan nie.
Drie opvoeders, onder leiding van Vennito van Niekerk, het die leerders vergesel.
Van Niekerk sê die uitstappie is 'n jaarlikse aktiwiteit om leerders bietjie meer aan die natuur bloot te stel en waar hulle kans kry om die aalwynfabriek en die natuurreservaat te besoek.
By die aalwynfabriek is hulle ingelig oor die waarde van die aalwynplant en hoe dit tot verskeie produkte verwerk word.
Met hul besoek aan die natuurreservaat is hulle aan verskeie diere en voëls blootgestel.
Foto: Clive Pretorius
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'