Gallery Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEOS - Die plaaslike polisiediens in samewerking met korrektiewe dienste het die leerders van Kairos Sekondêre Skool besoek om hulle oor kuberboelies, gewone boelies asook dwelm- en drankmisbruik in te lig.
Raadslid Jobieth Hoogbaard van die Garden Route-distriksmunisipaliteit het die leerders gemaan dat elke aksie 'n reaksie tot gevolg het.
Die praatjie het vanoggend plaasgevind om kinders bewus te maak oor die kwessies.
FOTOGALERY: Plaaslike polisiediens besoek Kairos Sekondêre Skool
Foto: Morne Manuel, voormalige polisieman, spreek die leerders toe oor sy ervaring van die lewe in die gevangenis.
Die rolspelers wat aan die verrigtinge deelgeneem het is agter van links: Alexina Mpiti, SAPD werker en vrouenetwerklid; Charmaine Esau, GPF Jeugvoorsitter; Vivian Prins, Kairos se hoof; Magrieta Pieterse, GPF/traumaberader; Morne Manuel, gasspreker.
Verskafde video- Raadslid Jobieth Hoogbaard praat met leerders (Video:Clive Pretorius)
Verskafde video - Clive Pretorius is by Skoolpraatjie oor boeliery (Video:Clive Pretorius)
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'