Groot opgewondenheid het tussen die graad sewes geheers en verskillende aktiwiteite was vir hul aangebied. 'n Uitstalling van al die skool se buitemuurse en akademiese aktiwiteite is in die skoolsaal gehou.
'n DVD oor die skool is aan hulle vertoon en mnr Piet de Villiers (skoolhoof) en 'n paar van die leerders het die graad sewes toegespreek. Daar was groot pret toe elkeen se hand geverf, op 'n wit doek afgedruk en hul name onderaan bygeskryf is.
Me Theron het die graad sewe-leerders 'n blik op Lewenswetenskap in die hoërskool gegee toe sy 'n bees se hart gedisekteer het. Daar is ook 'n paar Wetenskap-eksperimente gedoen en aan die einde van die dag was elke graad sewe met heerlike verversings bederf.
Die graad sewes voor die doek met hul handafdruk en Neelsie.
'Ons bring jou die nuutse Riversdal, Hessequa nuus'