STILBAAI NUUS - Lede van die plaaslike polisie, in samewerking met die openbare orde polisie en seegrens eenheid, asook binnelandse sake (immigrasie) en wetstoepassingsbeamptes het tydens 'n operasie in Melkhoutfontein verskeie dwelmhuise deursoek.
Een persoon is in hegtenis geneem vir die besit van dwelms.
Daar is ook nege ongedokumenteerde buitelandse burgers geïdentifiseer en op die toneel gearresteer.
Werkgewers moet daarop let dat dit 'n kriminele oortreding is in terme van die immigrasiewet om 'n onwettige immigrant aan te stel om vir jou te werk.
Indien 'n werkgewer onseker is of die persoon wat hy wil aanstel wettig in die land is, kan hy die departement van binnelandse sake se immigrasie-afdeling in Mosselbaai gedurende werksure by 044 693 0575 skakel.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'