HESSEQUA NUUS - Daar heers kommer in landboukringe dat Moody’s se afgradering van LandBank tot rommelstatus tot hoër koste vir boere kan lei.
“Die afgradering behels direkte implikasies vir die landbou en kan ’n wyer impak op die ekonomie hê,” sê Nicol Jansen van Agri SA.
“LandBank se langtermyn volhoubaarheid en sy vermoë om sy mandaat uit te voer, word nou as meer riskant beskou, wat sy toegang tot finansiering moeiliker en duurder maak.”
Omdat boere nie ’n vaste, gereelde inkomste het nie maar eers aan die einde van die oes hul geld kry, is hulle in baie gevalle vir kontantvloei van finansiering afhanklik.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'