HESSEQUA NUUS - Die koor bestaan uit 46 leerders van gr. 1 tot 3. Hulle koorleier is Karen Breytenbach en begeleier is Maggie Filmalter. By die pas afgelope Ratem Eisteddfod het die koor die hoogste punt in die junior afdeling gekry en het 87% goud ontvang.
Met kommentaar vanaf die beoordelaar soos, "hemels, bravo en julle het my geroer" is die koor ekstaties opgewonde. Hulle gaan die jaar ook optree by die senior burger dag wat deur die skool aangebied word.
By die opedag vir gr. 1's gaan die koor ook die toekomstige Vollies vermaak met pragtige koorsang.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'