HESSEQUA NUUS - Watervlakke in die Hessequa-streek is besig om drasties te daal.
Met die voortslepende droogte en min vooruitsigte op reën, word die gemeenskap se samewerking gevra om waar moontlik alle moontlike maatreëls te tref om water te bespaar.
Volgens Susan Geldenhuys, munisipale woordvoerder, sal die bestaande waterbeperkings, heel waarskynlik binnekort aangepas en verskerp word.
Persone wat hulle skuldig maak om nie die voorgeskrewe maatreëls toe te pas nie, kan hoë boetes opgelê word.
Volgens Herman Myburgh, besproeiingsbestuurder, is 2017 afgesluit met 'n totale reënval van 615 mm. "Dit is sowat 200 mm minder vir die jaar wat onder gemiddeld is."
Volgens die Korente-poortdam reënvalregister was 2009 dié jaar met die minste reënval sedert 1993. Die jaartotaal vir 1993 was 753 en slegs 478 vir 2009.
In 2010 het die dam ook leeg gebly met 'n jaartotaal van net 685.
"Die erge droogte van 2009 en 2010 het watervoorsiening bemoeilik. Reënpatrone verskil elke jaar en dit is moeilik om vas te stel wanneer ons wel reën sal kry."
Indien die gemeenskap nie hul samewerking gee nie, staar ons dieselfde waterbeperkings in die gesig as Kaapstad en die res van die Wes-Kaap.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'